Om hierdie webwerf optimaal te besigtig en gebruik, maak asseblief seker dat u die nuutste weergawe van u internet blaaier aflaai. Klik hier
Alles oor Solidariteit lidmaatskap

Solidariteit Beweging

bewegingLogo

Solidariteit is in die Christelike tradisie van vakbondwese en het dus ’n unieke benadering tot vakbondwese wat hom onderskei van ander vakbonde in Suid-Afrika. Solidariteit glo dat instellingsgeskep moet word waardeur sy lede en hulle gemeenskappe kan lewe. Die Solidariteit Beweging is vanuit die vakbond gebore en is in 2012 formeel bekend gestel.

 

Die volgende instellings is deel van die Solidariteit Beweging:

Die vakbond, Solidariteit

 

 

 

 

Die vakbond Solidariteit is die ouboet van die Solidariteit Beweging en die Beweging is vanuit die vakbond gebore. Solidariteit is in die Christelike tradisie van die vakbondwese en het dus ʼn unieke benadering tot vakbondwese wat verskil van Cosatu s’n. Die hooftaak van die vakbond Solidariteit is om werksekerheid te verseker, om diensvoorwaardes te verbeter en om onreg in die werkplek uit te wis.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum

 

 

 

 

 

AfriForum is ’n burgerregte-organisasie. Sy hooftaak is om die burgerregte van sy lede en hulle gemeenskappe te beskerm deur regte op te eis, regte te beskerm en die burgerlike samelewing te mobiliseer om aan openbare debat en aksies buite partypolitiek deel te neem. Dit word nie net in die hof gedoen nie, maar ook deur strukture in gemeenskappe te vestig. AfriForum se ledetal groei sterk, wat aan die organisasie ’n invloedryke stem gee.

 

Vir meer inligting of om by AfriForum aan te sluit, skakel 086 10 200 30, stuur ’n e-pos na afriforum@afriforum.co.za of besoek www.afriforum.co.za

Die diensorganisasie, Helpende Hand

 

 

 

 

 

Solidariteit Helpende Hand is ’n gemeenskapsinisiatief wat fokus op opheffing deur middel van opleiding. Helpende Hand het in 1949 ontstaan om die nood van Afrikanermynwerkers te help verlig. Anders as die staat, wat glo in opheffing deur maatskaplike toelaes, glo Helpende Hand in opheffing deur opleiding. Helpende Hand fokus daarop om armoede te verlig deur mense selfstandig te maak en jongmense voor te berei vir die wêreld van werk.

 

Kontakbesonderhede: 0861 25 24 23 / 012 644 4390 (Hoofkantoor), stuur ʼn e-pos na diens@helpendehand.co.za of besoek www.helpendehand.co.za

Die tegniese opleidingsentrum, Sol-Tech

 

 

 

 

 

 

Die ernstige tekort aan goed opgeleide en vaardige werkers in heelwat van Suid-Afrika se bedrywe het Solidariteit genoop om in 2007 sy eie opleidingkollege, Sol-Tech, te stig. Die kollege bied opleiding in verskeie skaars en kritieke vaardighede. Jongmense kan hulle byvoorbeeld as dieselwerktuigkundiges, elektrisiëns, passers en draaiers en meulmakers by die kollege bekwaam. Al die kursusse word in Afrikaans aangebied.

 

Kontakbesonderhede: 0861 25 24 23, stuur ʼn e-pos na soltech@solidariteit.co.za of besoek www.sol-tech.co.za

Die telematiese hoëronderwysinstelling, Akademia

 

 

 

 

 

Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ’n nuwe privaat, inklusiewe Afrikaanse afstandsonderriginstelling wat geakkrediteerde hoëronderwyskwalifikasies van gehalte teen 30% tot 40% goedkoper as die res van die mark bied. By Akademia kan studente hulle nauurs in skaars beroepsrigtings bekwaam terwyl hulle werk! Akademia spog reeds met ses leersentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch en beplan om binne vyf jaar ’n leersentrum in elke groot sentrum in Suid-Afrika te bedryf.

 

Kontakbesonderhede: 0861 222 888, stuur ʼn e-pos na diens@akademia.ac.za of besoek www.akademia.ac.za

Die bemagtigingsfonds, Solidariteit Groeifonds

 

 

 

 

 

 

“Hoop kom nie vanself nie. Skep jou eie hoop.” Hierdie woorde van Flip Buys in ’n onderhoud met Rapport is aan die kern van die Solidariteit Groeifonds. Daar kan nou gevra word hoe hierdie hoop geskep word. Die antwoord: deur duisende maandelikse bydraes van Solidariteit-lede en -ondersteuners word kleingeld groot geld en so kan onmisbare bydraes gemaak word om hoop en ’n toekoms te skep. Die Groeifonds finansier ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging.

 

Om die Solidariteit Groeifonds te ondersteun, stuur ’n e-pos na groeifonds@solidariteit.co.za of skakel 0861 25 24 23. Besoek ook gerus www.groeifonds.co.za vir meer inligting.

Die Solidariteit Beleggingsmaatskappy

 

 

 

Solidariteit belê in sy lede deur sy spesiale besigheidsbeen, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM). SBM het twee doelwitte: om diens van hoë gehalte teen bekostigbare pryse aan lede te lewer en om kapitaal te skep wat Solidariteit se gemeenskapsprojekte kan finansier. Daarmee bemagtig die Solidariteit-gemeenskap homself.

Die Solidariteit Eiendomsmaatskappy

 

 

 

 

 

Die Solidariteit Eiendomsmaatskappy besit en bestuur die verskillende eiendomme van die Solidariteit Beweging. Dit sluit die bestuur van verskeie van die vakbond se dienskantore in. Een van die belangrikste projekte van die maatskappy is die ontwikkeling van Die Kampus.

Die Kampus

 

 

 

 

 

Die Solidariteit Beweging se opleidingsinisiatiewe het ’n kampus nodig. Die Kampus gaan een van die belangrikste produksiemasjiene vir Afrikaanse opleiding wees en gaan onder andere die tuiste van Sol-Tech en Akademia wees. Solidariteit Eiendomme is verantwoordelik vir die ontwikkeling van Die Kampus. Die Kampus is ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, maar dit behoort by uitstek aan die breë Afrikaanse gemeenskap. Mense vanuit ’n breë spektrum van die samelewing gaan gevra word om aan dié groot projek te help bou.

 

Vir meer inligting skakel 0861 25 24 23 of besoek www.diekampus.co.za

Solidariteit Finansiële Dienste

 

 

 

 

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) bied onder meer aan lede bekostigbare motor- en huisinhoudversekering sowel as regshulpversekering. Lede van Solidariteit kry deur die maatskappy bykomende produkte en dienste teen spesiale pryse. Die hoofproduk van die maatskappy is korttermynverskering. ʼn Reeks ander finansiële produkte word ook deur die maatskappy aangebied. Die winste van die maatskappy word gebruik om ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging te finansier.

 

Kontakbesonderhede: 0861 101 005

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

 

 

 

 

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) is ’n navorsingsinstelling en dinksentrum van Solidariteit wat fokus op die formulering en bevordering van openbare beleid. Die SNI is in die besonder gemoeid met die ontleding van bestaande en nuwe regeringsbeleid en -optrede, of die gebrek daaraan, en die lewer kommentaar en voorstelle daaroor. Die SNI bied verder navorsingsbystand aan die Solidariteit Beweging oor ’n wye front ten einde die beweging te ondersteun en bemagtig om sy strategiese beplanning uit te voer.

Die internetgedrewe mediahuis, Maroela Media

 

 

 

 

 

 

Maroela Media is ’n Afrikaanse nuwemediamaatskappy wat jou op hoogte hou van aktuele nuus, boekenuus, musieknuus, gesondheidsnuus en kultuurnuus. Maroela Media is die grootste Afrikaanse kuierplek op die web. Draadloos, Maroela Media se radioproduksiehuis, vervaardig joernaalprogramme en radiodramas vir gemeenskapradiostasies landswyd. Maroela Media is sêplek, kuierplek, jóú plek.

 

Kom kuier saam by www.maroelamedia.co.za

Kraal Uitgewers

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kraal Uitgewers is ’n klein maar gespesialiseerde uitgewery wat hoofsaaklik fokus op die publisering van hoëgehalte-boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis, sowel as publikasies wat die geskiedenis kan verander, regstel en sterk standpunt inneem oor, onder meer, politieke en maatskaplike kwessies in Suid-Afrika. Kraal Uitgewers publiseer slegs niefiksieboeke.

 

Kontakbesonderhede: 012 644 4329, stuur ʼn e-pos na kraal@solidariteit.co.za of besoek www.kraaluitgewers.co.za

Die FAK

 

 

 

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings, in die omgang bekend as die FAK, is die oudste Afrikaanse sambreelorganisasie en is in 1929 gestig. Dit het kultuurforums waarby elke Afrikaanse organisasie kan aansluit. Die FAK bevorder die Afrikaner se kultuur en geskiedenis en die ontwikkeling van Afrikaans.

 

Kontakbesonderhede: 012 301 1777 / 012 326 8646 of besoek www.fak.org.za