Om hierdie webwerf optimaal te besigtig en gebruik, maak asseblief seker dat u die nuutste weergawe van u internet blaaier aflaai. Klik hier
Alles oor Solidariteit lidmaatskap

Vakbondvoordele

Hier onder is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderworpe aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos dit in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word.vakbondvoordele

 

Solidariteit-vakansievoordeel

vakansie-voordeel

Solidariteit-vakansievoordeel

Om dankie te sê vir die lojale steun wat u as lid aan Solidariteit bied, kwalifiseer u vanaf 1 September 2014 vir 20%-afslag op alle akkommodasie by Kokoriba Wildreservaat, Desember-skoolvakansie en Paasnaweek uitgesluit.

Hierdie inisiatief beklemtoon weereens waarom Solidariteit soveel meer as ’n gewone vakbond is.

Wat behels die voordeel?

 Alle volopbetaalde lede van die Solidariteit Beweging kwalifiseer vir 20%-afslag by Kokoriba.  Lidmaatskap sal nagegaan word voor die afslag toegestaan word. Lede moet self by Kokoriba wees gedurende die tydperk waarvoor hulle ’n bespreking gemaak het. Lede moet hulle lidmaatskapkaart of identiteitsdokument aan die oord se ontvangspersoneel toon. Die afslag geld slegs vir een eenheid per gesin. Ten minste een lid van die gesin moet ’n lid van die Solidariteit Beweging wees.

Waar is Kokoriba geleë?

Kokoriba is 38 km vanaf Brits, 68 km vanaf Sun City en 58 km vanaf Rustenburg geleë.

Meer oor Kokoriba

Kokoriba is geleë in die hartjie van die Bosveld. Dis ’n bekostigbare vakansiebestemming, ideaal vir mense wat van tradisionele gesinsvakansies, die natuur en die buitelewe hou. ’n Verskeidenheid netjies gemeubileerde en lugversorgde selfsorg-chalets wat tussen twee en ses mense kan huisves, is beskikbaar. Die oord het ook ’n woonwapark met vyf goed toegeruste ablusieblokke. Die staanplekke is gedeeltelik met gras en hoofsaaklik met Bosveldgruis bedek. Die staanplekke het water- en kragpunte en draagbare braaiers kan by die oordkantoor bespreek word. Vir bekostigbare groepsfunksies is daar die Makoro-basis wat bestaan uit ’n gebou met tweebed- en driebedkamers en ander basiese geriewe. Die eenheid het sy eie buitelapa en is vir 32 mense toegerus. Buite-ablusiegeriewe is beskikbaar. Die kamp is elektries omhein, wat besoekers gemoedsrus gee.

Kokoriba bied ’n wye verskeidenheid ontspanningsaktiwiteite wat onder meer wildbesigtiging, staproetes, ’n verhitte onderdakswembad, ’n verhitte buiteswembad, ’n kouewaterswembad, tafeltennis, ’n trampolien, veerpyltjies en mini-gholf insluit. ’n Grootskermtelevisie is onder die lapa beskikbaar. Die oord het ’n à la carte-restaurant en ’n winkel wat vakansiebenodigdhede aanhou. Daarby het die oord sy eie aanloopbaan wat verskillende tipes vliegtuie en mikrovliegtuie akkommodeer.

Wild en ander diere wat in die reservaat te sien is, sluit in: blesbokke, blouwildebeeste, duikers, swartwitpense, kameelperde, koedoes, nagapies, njalas, rooibokke, rooihartbeeste, steenbokke, vlakvarke, sebras en roofdiere. Die reservaat is ook ’n voëlparadys en meer as 300 voëlspesies is al in die streek aangeteken. Die oord het drie skuilings waar voëls en wild besigtig kan word.

Die reservaat maak ook vir dagbesoekers voorsiening wat op voorafbespreking die oord se geriewe kan gebruik.

Alle tariewe is op Kokoriba se webtuiste beskikbaar.

Kliek hier vir meer inligting oor Kokoriba.

Hoe om by Kokoriba te bespreek

Besprekings word direk by Kokoriba gedoen.

Besoek gerus die webtuiste by www.kokoriba.co.za of skakel 076 153 0884 of 076 158 0890.

Onthou om te noem dat jy lid is van Solidariteit!

Klik hier om die Bepalings en Voorwaardes te lees.

Studievoordeel (Akademia)

studievoordeel

Solidariteit het ’n ooreenkoms met Akademia gesluit waarvolgens lede van die vakbond 20%-afslag by Akademia kry. Dit beloop sowat R4 000 per jaar en indien ’n lid van die vakbond vir ’n driejaardiploma inskryf, kry hy dus tot R12 000 afslag. Die bedrag is gelykstaande aan sowat 11 jaar se Solidariteit-ledegeld. Nóg goeie nuus is dat die Solidariteit Studiefonds R5 miljoen beskikbaar gestel het vir studielenings vir behoeftige Solidariteit-lede wat by Akademia wil studeer. Die afslag en studiehulp is nie net vir lede beskikbaar nie, maar ook vir lede se afhanklike kinders.

 

Akademia is die eerste been van ’n nuwe privaat Afrikaanse universiteit en is deel van die Solidariteit Beweging. Akademia is by die Departement van Hoër Onderwys geregistreer en sy geakkrediteerde kursusse voldoen aan dieselfde gehaltevereistes as enige ander Suid-Afrikaanse universiteit.

Leer meer hier

Wil jy registreer?

SMS die woord “registreer” gevolg deur jou naam en van, na 34933. Elke SMS kos R2.

Wil jy meer oor Akademia of oor finansiële hulp vir jou studies by Akademia uitvind?

-        Stuur ’n e-pos na navrae@akademia.ac.za

-        Besoek www.akademia.ac.za of www.solidariteitbeweging.co.za

Klik hier vir terme en voorwaardes

Regsadvies

regsadvies

Kry só regsadvies:

 

Telefoniese regsadvies deur die Solidariteit Dienssentrum (0861 25 24 23)

-           Arbeidsregsadvies

-           Sivielregtelike advies

 

Persoonlike advies en regshulp

-           Afdeling Algemene Litigasie

-           Arbeidshofafdeling

-           Afdeling vir Beroepsgesondheid en -veiligheid

 

Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys word.

 

Solidariteit verleen hulp met betrekking tot ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris, asook Rand Mutual en FEMA. Werkverwante ongeskiktheidseise word ook hanteer.

 

Kontakbesonderhede:

 

0861 25 24 23 (opsie 2)

www.regsdienste.co.za

diens@solidariteit.co.za

Begrafnisvoordeel

begrafnis-voordeel

Solidariteit se begrafnisvoordeel verander. Die veranderinge tree op 1 Januarie 2015 in werking. Doves is egter tot 31 Desember 2014 die alleen-diensverskaffer.

’n Solidariteit-lid wat daarvoor kwalifiseer, ontvang ’n omvattende begrafnisvoordeel wat ook sy of haar huweliksmaat/genomineerde gade/lewensmaat en afhanklike kinders jonger as 21 jaar insluit. Alle eise moet binne ses maande ná die afsterwe van ’n lid of gade of afhanklike ingedien word.

Klik hier vir die volle besonderhede van die Solidariteit Begrafnisvoordeel.

*Bepalings en voorwaardes geld.
Kontakbesonderhede:
0861 25 24 23 of skakel jou naaste dienskantoor

Bevallingsvoordeel

bevallings-voordeel

’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word per kind aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaal. Alle eise moet binne ses maande ná die bevallingsdatum ingedien word.

 

Kontakbesonderhede:

0861 25 24 23

Voordeel vir permanente mediese ongeskiktheid

ongeskiktheidsvoordeel

’n Eenmalige bedrag van R1 500 ten opsigte van permanente mediese ongeskiktheid vir werk in die arbeidsmark is aan lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap by Solidariteit betaalbaar. Alle eise moet ingedien word binne ses maande na die datum waarop permanente mediese ongeskiktheid vasgestel is.

 

* Bepalings en voorwaardes geld.

 

Kontakbesonderhede:

0861 25 24 23

Bykomende dienste

Testament

testament

Solidariteit stel vir lede ’n gratis testament op. Die testament word ook gratis gestoor.

 

Kontakbesonderhede:

012 362 1552

fineks@wvs.co.za

Solidariteit Tydskrif

tydskrif

Die Solidariteit Tydskrif kommunikeer belangrike arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark aan lede. Die tydskrif verskyn ses keer per jaar.

 

Kontakbesonderhede:

0861 25 24 23

www.solidariteittydskrif.co.za

Weeklikse nuusbrief

nuusbrief

Soldeer is Solidariteit se weeklikse nuusbrief wat per e-pos aan lede gestuur word. Dit bevat nuus oor die jongste verwikkelinge by Solidariteit en in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark.

 

Klik hier om in te teken op ons weeklikse nuusbrief

Erkenning van vorige lidmaatskap

Nuwe lede by kollektiewe maatskappye wat kan bewys dat hulle onmiddellik voor aansluiting by Solidariteit aan ’n ander vakbond behoort het, is dadelik op vakbondvoordele geregtig, met dien verstande dat indien so ’n lid by aansluiting reeds by litigasie of ’n geskil betrokke is, die Hoofraad die voordele van lidmaatskap na goeddunke kan beperk.

 

Kontakbesonderhede:

0861 25 24 23

diens@solidariteit.co.za

Uitstekende ledediens

Solidariteit se dienssentrum bied ’n eenstop-diens aan lede. Die dienssentrum se hoogs opgeleide personeel is van Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 16:30 en op Vrydae tussen 08:00 en 15:00 beskikbaar om lede se vrae, probleme, klagtes en voorstelle te hanteer.

 

Kontakbesonderhede:

0861 25 24 23

 

Bepalings en voorwaardes

kragdag-1-minuut

Kontak ons

Fisiese adres:

H.v. DF Malan en
Eendrachtstraat
Kloofsig

Posadres:

Posbus 11760
Centurion
0046

Kontaknommers:

Tel.: 012 644 4300
Faks: 012 664 6493
0861 25 24 23