Om hierdie webwerf optimaal te besigtig en gebruik, maak asseblief seker dat u die nuutste weergawe van u internet blaaier aflaai. Klik hier
Alles oor Solidariteit lidmaatskap

Vakbond

Word só deel van die Solidariteit-familie

Sluit aan in een-minuut

Skakel 0861 25 24 23 en sluit telefonies aan
SMS die woord LID na 34388 en ons skakel jou terug
Stuur vir ons ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za

Meer oor vakbondlidmaatskap:

Koste:


Solidariteit bou aan ’n plan van hoop vir die toekoms met elke rand
Solidariteit se ledegeld word op 1 Maart 2015 verhoog.
ʼn Wêreld van lidmaatskapvoordele wag vir jou in 2015. Solidariteit se ledegeld vir individuele en kollektiewe lede gaan met 7,8% verhoog word.
Skakel 0861 25 24 23

Solidariteit ledegeld vir 2015 :
Individuele lede – R104
Kollekteiwe lede – R101

Hoekom vakbondlidmaatskap?


Mense betaal honderde rande per maand vir korttermynversekering. Dit is vir ingeval jy die dag in ʼn ongeluk beland of iets word gesteel. Jy benodig dit nie elke dag nie en tog het jy dit, want jy kan nie bekostig om daarsonder te wees nie. Is jou werk nie belangriker as ʼn TV-stel of selfoon nie?

Daar is baie dinge wat elke dag in die werkplek gebeur waarvoor werknemers dikwels skielik arbeidsregsadvies benodig. Solidariteit het die grootste arbeidsregspraktyk in Suid-Afrika met drie gespesialiseerde afdelings.

Solidariteit streef daarna om Suid-Afrika se werkplekke gesonder en veiliger te maak. Solidariteit het ʼn gespesialiseerde afdeling wat werknemers wat aan diens beseer word of ʼn beroepsiekte opdoen bystaan met die eisproses by die Vergoedingskommissaris. Die afdeling ondersoek talle gevalle waar ongelukke wel in by die werkplek plaasvind en maak voorstelle om veiligheidsrisiko’s te verminder. Solidariteit se algemene litigasie- en arbeidshofafdelings hanteer op enige gegewe tydstip tot soveel as 2 500 sake namens beide individuele en kollektiewe lede. Die algemeenste navrae en sake waarby die vakbond betrokke raak is by sake van onbillike regstellendeaksie en diskriminasie, dissiplinêre verhore en sake van onbillike ontslag, afleggings en die verskaffing van arbeidsregsadvies oor basiese diensvoorwaardes.

Twee tipes vakbondlidmaatskap by Solidariteit


Kollektiewe lede

Werknemers wat by groot maatskappye werk waar Solidariteit reeds ‘n kollektiewe ooreenkoms het, of by maatskappye wat in groepverband bedien word en deur Solidariteit as kollektief geag word. Kollektiewe lede se vakbondlidmaatskapfooi word direk deur die werkgewer van hulle salarisse afgetrek en aan Solidariteit oorbetaal.

Individuele lede

Solidariteit is die enigste vakbond in Suid-Afrika wat ʼn toegewyde afdeling vir individuele lede het. Individuele lede is werknemers wat by maatskappye werk waar Solidariteit nie ‘n erkenningsooreenkoms het nie en lede nie in groepverband bedien word nie. Individuele lede se vakbondlidmaatskapfooi word per debietorder, direk van die werknemer se bankrekening afgetrek

Solidariteit-lidmaatskap: Waarde vir geld


By Solidariteit word daar met ywer gewerk en gedroom om die geleenthede vir opleiding selfs verder uit te brei. As deel van die jaarlikse ledegeldverhoging vir Solidariteit-lede is daar ʼn spesifieke fokus op die befondsing van opleidingsinisiatiewe en beursfondse geplaas.

Die Lidmaatskapfooi vir kollektiewe lede word direk deur werkgewers van die werknemers se salarisse verhaal. Die lidmaatskapfooi vir individuele lede word per debietorder, direk van die lid se bankrekening verhaal en beloop.
Solidariteit bou aan ’n plan van hoop vir die toekoms met elke rand
Solidariteit se ledegeld word op 1 Maart 2015 verhoog.
ʼn Wêreld van lidmaatskapvoordele wag vir jou in 2015. Solidariteit se ledegeld vir individuele en kollektiewe lede gaan met 7,8% verhoog word.
Skakel 0861 25 24 23

Kansellasies


Die kansellering van Solidariteit-lidmaatskap is onderhewig aan 30 dae skriftelike kennisgewing wat regstreeks aan die vakbond gestuur moet word.